Mooi loop, my maat PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 15 October 2008 20:30
Untitled Document

Wynand van der Merwe skryf:

Dis seker snaaks om nou te skryf maar wat ek nou wil sê kom uit my hart. ’n Goeie vriend, vader en vertrooster is deur God geroep en sy plek op aarde is leeg. Hartseer, skok en verlange onder familie, vriende en ja, selfs sy werkers, is nou daar. Daar word gevra hoekom? Waarom? Ons Vader het besluit en ons moet berus. Schef, ons sal jou nooit vergeet nie. Jou plek is leeg op aarde maar nooit in ons harte nie. Mooi loop, my maat. Ter gedagtenis aan Schef Scheffer: 2008-09-19

 

© 2019 Die/The Bronberger