Soek inligting oor Boschkop se Barnards PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 19 February 2015 22:17
Untitled Document

Willie Joubert skryf uit Kanada:
Ek skryf uit Kanada en het op die internet rondgeloer op soek na inligting oor die Barnards, veral omdat ek onlangs gehoor het dat my vrou (Ida), gebore Isabella Johanna Barnard, se oupa in die rebellie dood is. 

Met dié het ek op die storie ‘Begraafplasie vertel die storie van die baanbreker Barnards van Boschkop’ afgekom en skryf na aanleiding van die inligting daarin. 

My vrou, Ida, se pa was Petrus Johannes Barnard en het een broer gehad (oom Jannie). Ida en haar suster was die enigste kinders, maar oom Jannie het ‘n seun gehad met die naam Hennie en ‘n dogter Ria, met wie ons kontak het. 

Die name klop, want Ida se pa sou volgens tradisie na sy oupa vernoem gewees het en dit klop, en verder is Hennie waarskynlik na sy oupa, wat in die rebellie dood is, vernoem.

Ida se ouma was Isabella Johanna Barnard (gebore van den Berg) en is na die dood van haar man, Johannes Petrus Barnard, weer getroud met Frederik Petersen. Hy was ‘n wewenaar na die dood van sy vrou, Johanna Pohl. 

Hulle het vier kinders gehad voor haar dood. Die dogters was deur hulle ouma versorg na die ma se dood en die seuns was by die pa. Na sy troue met Isabella Barnard het die dogters weer by hulle pa en stiefma gebly saam met die seuns en die Barnard-seuns. 

Jare later is Ida se pa getroud met Johanna Petersen! Ida het dus grootgeword met een oupa en ouma van beide kante van haar stamboom.

Ons het foto's van sommige van die familie, maar min van die Barnard-voorgeslagte. Sal graag verneem of iemand ander inligting het.

Groete uit ‘n koue Kanada.

Lesers wat meer inligting oor Boschkop se Barnards het kan Willie by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it kontak. – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger