Lesersvriendelike Bronnie PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 19 February 2015 22:16
Untitled Document

Buks Barnard van Nooitgedacht skryf:
Dankie, liewe omies en tantes van Die Bronberger, vir ’n leeswaardige tydskrif en vandag spesiaal baie dankie vir die leservriendelike manier waarop dit aangebied word. Hier verwys ek in die besonder na die maklik leesbare vier kolomme, wat ook help om die bladsye interessanter te maak.

Die onnadenkende en onprofessionele moderne neiging van tydskrifte na drie kolomme maak dit moeiliker leesbaar en herinner aan ’n laerskooljaarblad.

Die Bronberger is vandag die BESTE tydskrif op die rak. Al wat nog moet bykom, is ’n eg-Afrikaanse blokraai en weeklikse verskyning.

Dankie vir die dankie en die mooi woorde, Buks. ‘n Blokraaisel met ‘n plaaslike inslag word oorweeg. - Red

 

© 2019 Die/The Bronberger