Slag van Majuba met feesdag gevier Print E-mail
News - Toeka se dae
Monday, 26 January 2015 23:27
Untitled Document

Bronbergers word uitgenooi om die Slag van Majuba van Vrydag 27 Februarie tot Sondag 1 Maart te gaan vier.

Die komitee wat die Majubafees reël en die Majuba Trustees nooi mense na die feesterrein, wat ongeveer 5 km buite Volksrus op pad na New Castle is.

Op 27 Februarie 1881 is die Eerste Vryheidsoorlog beëindig toe die Engelse op Majubaberg verpletterend verslaan is. Die herdenkingsgeleenthede het begin toe die Volksraad van die ZAR by wyse van ’n ‘Gouvernements Kennisgeving’ No 267 sy besluit van 31 Mei 1882 aan sy burgers bekend gemaak het. Dit het soos volg gelees:
“Den 27sten Februarij van elk jaar, de Gedenkdag van den Slag bij Amajuba, zal in 't vervolg een publieke feestdag en een dag van verootmoediging voor den Heer zijn, voor de groote dingen op dien dag aan het volk gedaan.”


Die Slag van Majuba op 27 Februarie 1881
Skets: CE Fripp

’n Vol feesprogram word vanjaar aangebied, wat ook vir kinders voorsiening maak. Besonderhede kan verkry word by Andries Breytenbach by 082-322-6590 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Besprekings vir kraampies en verblyf kan gedoen word by Marie de Beer by 072-528-9655 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . By Majuba self is nie oorslaapgeriewe nie, maar wel kampeerplek vir woonwaens en tente.

 

© 2020 Die/The Bronberger