Stop straatnaamverandering PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 15 October 2008 20:26
Untitled Document

Anton Jansen van Rietfontein skryf:

U het seker alreeds verneem dat die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit op 11 September in ’n perskonferensie bekend gemaak het dat 27 van Pretoria se straatname verander gaan word, maar dat die publiek ruimskoots geleentheid kry om insette te lewer. Die meeste van die name is histories en mag nie uitgewis word nie. Ander name is nie so histories nie, soos die van die vyf eerste ministers wat ’n paar dekades gelede historiese name vervang het. Daaroor kan ’n intellektuele debat gevoer word.

Hoe dit ookal sy, name soos Kerk-, Mitchell-, Paul Kruger- of Pretoriusstrate mag nie uitgewis word nie. Ek is nie bekwaam en het nie die infrastruktuur om plaaslike en nasionale liggame en ook die publiek te versamel om weerstand te bied teen die roof van Pretoria se erfgoed nie, maar weerstand moet gebied word. Dit kan individueel wees, organisatories of massaal.

Derhalwe stel ek voor dat ’n liggaam/organisasie/stigting, wat sterk genoeg is om fasiliteite beskikbaar te stel, mense uitnooi tot ’n debat. Ek is bereid om voorstelle en gedagtes te formuleer en terug te stuur sodat aksie gevorm kan word. Kontak my by 083-653-0982.

Brief verkort.-Red

 

© 2019 Die/The Bronberger