Nuwe 24-uur krisislyn bekendgestel PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 26 January 2015 21:19
Untitled Document

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het op 28 Desember ‘n 24-uurkrisislyn, waar misdade en ander noodgevalle telefonies aangemeld kan word, bekendgestel. 

AfriForum 911, ‘n gratis nooddiens aan lede, bestaan uit ‘n telefoonsentrum waar die krisislyn 365 dae per jaar beman word. Sodra ‘n noodoproep oor ‘n misdaad ontvang is, sal die sentrum namens die inbeller die polisie, die inbellers se bure en familie, sekerheidsmaatskappy en naaste AfriForum-gemeenskapsveiligheidstruktuur of buurtwag skakel om hulp te versoek. 


Misdade en noodgevalle kan by die krisislyn aangemeld word

Mediese noodgevalle kan ook by die noodlyn aangemeld word, waarna ‘n ambulans namens die inbeller ontbied sal word. Mediese bystand word vergemaklik omdat lede vooraf besonderhede oor hulle mediese fonds, bloedgroep en allergieë kan registreer.


Die groen armband

Telefoniese traumaberading en gesondheidsadvies vorm ook deel van die diens.

’n Groen AfriForum 911-armband met die noodlyn se nommer word aan elke lid gestuur. Elke armband het ook ’n nommer waaraan die lid se spesifieke mediese en ander besonderhede gekoppel word. So sal die lid, sou hy of sy bewusteloos wees, identifiseer kan word.


Die 911-armband met die noodlyn se nommer kan ook aan kinders uitgereik word

Die armband, wat ook aan lede se kinders uitgereik kan word, kan ook gebruik word om die ouers van kinders in noodsituasies deur die krisislyn op te spoor.

Vir meer inligting, besoek www.afriforum911.co.za.

 

© 2019 Die/The Bronberger