Hondekind is weg Print E-mail
News - Briewe
Monday, 26 January 2015 23:10
Untitled Document

Wilma Fourie van Kaalfontein skryf:
Help asseblief. My hondekind het op Vrydag 19 Desember omtrent 6 nm weggeraak en my hart is stukkend sonder hom. As jy hom dalk sien en terug besorg, sal ‘n beloning van R1 000 gegee word.


Cody

Hy het weggeraak by ons plot op Kaalfontein. Ons bly oorkant die Bus Halti pub, waar Tulutzi was. Dit het gereën, so dit is baie snaaks dat hy buite sal rondhol. Ek neem aan iemand moes hom roep. Ai, nou ja, ek het oral kennisgewings opgesit, so ek hoop maar. Sy naam is Cody; hy eet net die pienk stukkies in Pedigree; en hy hou van kaas en lekkergoed.

Bel Wilma by 076-491-2109 of Phillip by 083-570-8291.

 

© 2020 Die/The Bronberger