Honde oor feestyd vergiftig PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 26 January 2015 21:09
Untitled Document

Jonathan Bezuidenhoudt van Rietfontein skryf:
Hulle het op 13 Desember deur die nag my dogter se vriend se motorfiets op plot 24A Rietfontein kleinhoewes gesteel. Hulle het ‘two step’ gif agtergelaat.

My viervoet-kinders slaap almal binne in die huis. Toe ons agterkom dat die motorfiets weg is het ons uitgegaan om te gaan kyk. Hulle het my drade geknip, my honde het uitgegaan en die volgende oomblik het die een begin ruk. Ek het onraad vermoed en my diere onmiddellik gelaai en Valley Farm 24-uur veearts toe gejaag.


Die vergiftigde honde

Dr Gerna en haar personeel het ongelooflik vinnig op hulle begin werk om hulle lewens te probeer red, maar vier van die vyf honde het dit nie gemaak nie. Ons gesin se harte is verskeur!

Honde is op hierdie aarde geplaas vir slegs twee redes: om die mens se beste vriend of vriendin te wees en om ons mense onvoorwaardelike liefde te leer. Ons vra die publiek daar buite om saam te staan teen misdaad en sy elemente.

 

© 2019 Die/The Bronberger