Beste oom Krismisfaader. . . PDF Print E-mail
News - Ou Poon se plotpraatjies
Friday, 12 December 2014 11:48
Untitled Document

Beste oom Krismisfaader en tannie Krismisfaader,

Dis weer ek oom, Daantjie van Donkerhoek. Ek was weer firskriklik soet, maar hierrie jaar het ons ‘n perbleem. Eintlik ‘n perbleem en nogge perbleem.

Die groot perbleem is die posketoor. Hulle sê posdiense maar my pa sê dis ‘n kontridieksie en dis nie vloek nie, oom. Kinners mag dit sê. Jy kan nie in hierrie land pos en diense saam sê nie want dis ‘n kontridieksie. So sê my pa en dan sê hy woorde wat kinners nie mag sê nie.

Nou weet ek nie of oom my brief gan kry nie – oor die kontridieksie en als en of oom dan gan weet watse pirsent om vir my te bring oor ek so freeslik soet was nie, oom. Mens kan dit koeriejer, sê my ma, maar ek weet nie of die koeriejer tot by oom Krismisfaader-julle daar in die noortpool loop nie?

Ek mag mos vir oom Krismisfaader oom sê, oom? En vir die tannie, tannie sê, oom? Hier het nuwe mense van die groot dorp af ingetrek op oom Koos Hoenner se ou plot en die tannie sê sy is gan my tannie nie, ek moet sê mefrou en die oom is meneur. My pa sê tannie Mefrou dink haar dinges stink nie. Kinners mag nie sê wat my pa regtag sê nie, oom. Skies oom, maar ek dink dit gan stoepit klink as ek sê meneur Krismisfaader.

Oom Koos Hoenner en tannie Hoenner het mos als verkoop en dorp toe getrek. Sak in pak, sê my ma. Darrem nie groot dorp toe nie, maar Kallienin toe, want oom Koos se dinges was vol. Grootmense sê iets anners.

Oom Koos sê sy dinges is nou net mooi vol oor hille als steel wat beweeg en als wat stilstaan ok. Sy hoenners en sy skaape en sy bokke en sy beeste en sy kaabels en sy hekke en sy pompe en sy pype en sy draade en nog goet steel hille anmekaar, sê oom Koos. Dan trek hy maar en dan sal hille vrek van die ellende en die honger so sonder hom, sê oom Koos. Die vuilgoed, sê oom Koos.

Die anner perbleem is die perbleem dat ons nie by die hys gan wees as oom Krismisfaader my pirsent moet bring nie. Ons gan see toe, oom. Ons gan fikansie toe. Ek is nie pirsies seker watter see nie, maar hille sê dis Moesambiek en dis annerkant die grens. Maar ek weet oom sal dit kry, want oom was mos al baie daar? Kyk maar net vir my pa se bakkie, so ‘n bryn Kroeser, ‘n oue oom. Dis waar oom die pirsent kan los. By my pa se bryn Kroeser.

O, amper firgeet ek. Ons gan mos see toe, oom. Toe dag ek oor ek hierrie jaar nog soeterder as ooit was, kan oom vir my asseblief ‘n skiejet bring. Om op die see te ry, oom. ‘n Skiejet is amper soos ‘n skoeterbaaik, maar dit het nie wiele nie en dis amper soos ‘n boot, net kleiner met ‘n ingeboure enjin wat nie buite sit nie en dit kan op die see ry sonner om te sink en op die dam hier op Donkerhoek ok as dit ganog gereën het.

My pa sê oor sy dooije ligaam en ek kan dit op my maag skryf. Hoekom praat grootmense patrykeer so snaaks, oom? My pa sê ‘n skiejet is soos die dingeskriek van die water net erger. Hy sê die goet raas firskriklik en hy wil nie ‘n giraas in sy oore hê as hy fikansie toe gaan nie. Eenkeer by die Brokkorsprytdam het my pa hom freeslik firerg vir ‘n oukie op ‘n skiejet toe my pa wou fisvang. Toe sê my pa as die oukie nog een net keer weer hier oor sy lyne kom riemoer, dan drik hy daai skiejet dwars in daai oukie se dinges op. Dis dieselle dinges soos van die tannie mefrou wat nie stink nie, oom.

Ek beloofe om starig te ry en niks te raas nie as oom Krismisfaader eers my skiejet afgelaai het.

Regtag, oom. En o-ja oom, my boetie vra een van daai groot kaaits wat ek op die tiewie gesien het hoe hulle by die see met flieg en my sussie wil asseblief ‘n groot bietsbal en ‘n emmerkie en graafie hê. My skiejet kan maar eenige kleer wees, maar ‘n rooije is darrem freeslik mooi, oom.

Sê groete vir tannie Krismisfaader en oom moet mooi ry en onthou ek is by die see by die bryn Kroeser hierrie jaar.

Daantjie.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online