Die Bronnie span uit PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Friday, 12 December 2014 11:32
Untitled Document

Ons skuif vanjaar die Bronnie se kantoordeure op Vrydag 12 Desember toe vir ons jaarlikse uitspanning. Op Maandag 5 Januarie gooi ons die deure weer met geesdrif vir die nuwe jaar oop.

Die sperdatum vir ons Januarie-uitgawe se advertensiebespreking is op Woensdag 14 Januarie. Teen daardie tyd behoort almal weer, uitgerus en gereed vir ‘n opwindende jaar, terug te wees in die tuig.

Die eerste uitgawe van 2015 sal, na beplanning, vanaf Woensdag 21 Januarie 2015 versprei word.

Vir dié van julle wat weggaan, wens ons ‘n veilige reis en ‘n wonderlike vakansie toe. Of jy reis of tuis bly, hoop ons die vakansie saam met vriende en familie bring genot, vervulling, vrede en rus.

Adverteerders en lesers met enige navrae, besprekings of wenke kan ons steeds in die vakansietyd bereik deur ons selnommers te bel: Tania: 072-089-0227, Angie: 083-959-1016,
Gerhard: 082-377-6807. Of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online