Mark het winkeliers laat sweet PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 12 December 2014 11:30
Untitled Document

M van Cullinan skryf:
Ek verwys na die artikel op bl 5 van die November-uitgawe van Die Bronberger aangaande die mark in Cullinan, wat gesluit is.

Die mark is gesluit omdat die besigheidseienaars wat winkeltjies huur in Oaklaan geweldige verliese begin lei het as gevolg van die mark.

Die rede daarvoor is redelik voor die hand liggend aangesien ‘n persoon wat ‘n winkel huur se oorhoofse kostes baie meer is, met die gevolg dat die produkte wat hoofsaaklik uit die direkte omgewing kom dikwels ‘n bietjie duurder is as wat iemand met ‘n tafel in ‘n informele mark se produkte is.

Ook verder is Oaklaan etlike jare terug ontwikkel en gerestoureer om juis ‘n ekonomiese en kulturele inspuiting vir Cullinan te wees.

Ons beplan om in die nuwe jaar ‘n volledige opvolgstorie hieroor te doen. – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger