Groot skenking aan Wet Nose Print E-mail
News - Briewe
Friday, 12 December 2014 13:30
Untitled Document

Juanita Jamneck van Mooiplaats skryf:
Julle is seker reeds bewus van die 14 perde wat deur Wet Nose in die Kyalami-gebied gekonfiskeer is. Liberty Stalle hou elke jaar met ons eindjaarfunksie ’n veiling en skenk dan die geld aan ’n organisasie wat na perde omsien.

In die verlede het ons dit geskenk aan die National Horse Trust en die Highveld Horse Care Unit. Dié jaar het ons die rekord bedrag van R12 500 ingesamel en dit aan Wet Nose geskenk.

Ons is baie trots op ons kliënte wat so baie goed geskenk het om op te veil en dit toe weer terug gekoop het!

Brief verkort. – Red

 

© 2020 Die/The Bronberger