Dis nesbou-seisoen – die tyd
van die jaar wanneer Bronbergers
hul vergaap aan die
manewales van swartkeelgeelvinke
wat van vroegdag tot sterk skemer
nessies weef en blare van die
takke rondom die nessies afstroop.
Al ooit gewonder wat die doel van
die aanhoudende blaarstropery is?
Mense het eers gemeen dié vink
doen dit om slange weg te hou
van die nessie af. Dié teorie is
egter lankal verwerp omdat slange
in elk geval die nessie bereik –
blare of te not.
’n Ander teorie is dat takke sonder
blare minder wind-weerstand bied
en sal maak dat die nessie nie so
vreeslik in die wind rondswaai nie.
Dié teorie is ook verwerp omdat
nessies aan gestroopte takke
steeds dramaties rondswaai in
sterk wind.
Dié Bronbergse swartkeelgeelvink kom aangevlieg na ?sy? boom toe |
So sit hy daglank en pronk om ?n wyfie nader te lok
. |
Die witstinkhout se splinternuwe blare is kaal gestroop rondom die vink se nessie
. |
Sommige voëlkenners kom toe na
vore met die siening dat swartkeelgeelvinke
die blare afstroop om
hul nessie meer sigbaar te maak vir
verbygaande wyfies. Daar is egter
dié wat sê dit is nie sy nessie wat
hy sigbaar wil maak nie, maar
homself – hy wil hê die wyfies
moet hom sien pronk.
In ’n studie oor
die gedrag van
broeiende swartkeelgeelvinke
is
daar gevind dat
die mannetjies
groot dele van
hul tyd aan nesbou
spandeer in
die vroeë en piekbroeiseisoen
en
bykans geen tyd
aan die einde van
die seisoen nie.
Hulle hou egter aan om bykans
dieselfde hoeveelheid tyd aan
blaarstropery te spandeer.
Sommige mannetjies stroop selfs
die blare van ander bome rondom
hul nessies wat beteken dat hulle
dit nie doen om hul eie nessies
meer sigbaar te maak nie. Die
studie kom tot die gevolgtrekking
dat die blaarstropery ’n vervangingsaktiwiteit
is om dié energieke
mannetjies besig te hou as hulle
nie nesbou nie.
Elke nou en dan hang dié vink aan sy voltooide nessie bo-op die Bronberg.
Hul broeiseisoen is van September
tot Januarie en die mannetjies bou
omtrent 25 nessies elk per seisoen.
Hulle het meer as een wyfie en as ’n wyfie ’n nes gekies het, voer sy
hom binne-in uit met sagte gras en
vere.
Die swartkeelgeelvink, Ploceus
intermedius, is 11 tot 14.5 cm lank.
In die broeiseisoen word die mannetjies
helder geel met ’n swart
gesigmasker; hul oë is rooi en hul
snawels, wat gewoonlik ’n ligte
bruin-pienk kleur is, word pikswart.
Sommige wyfies se oë word ook
rooi in die broeiseisoen, maar hulle
vere bly ’n dowwe geel-groen
kleur wat donkerder gestreep is op
die rug. Die keel is ’n gelerige
kleur wat verdof tot ’n vuil wit op
die maag. |