Vir die derde keer dié jaar het boewe by Kitty Hawk-klubhuis op die Boschkoppad ingebreek. Met dié inbraak op Vrydagaand 31 Oktober is die gesteelde goedere met sonsopkoms op die luglandgoed gevind.

‘n Groot hoeveelheid drank en toerusting is gesteel
Wilma Fourie, wat aan die stuur van sake by die klubhuis se restaurant staan, sê dat die diewe die alarm afgesny het en dié keer omtrent die hele klubhuis leeggedra het. Hulle het luidsprekers uit die mure geruk en groot verwoesting gesaai.
Die gesteelde goedere is in die veld op die luglandgoed gevind
Lughawebestuurder, Dawie Pretorius, was op die toneel en het twee skote afgevuur, wat die boewe die pad laat vat het.

Die kasregister se laai is leeggemaak
“Met die hulp van Dawie, Phillip Fourie en die MZT gemeenskap-buurtwag, het ons die boewe verjaag,” sê Wilma. Dawie en Phillip het die lughawe vir ure aaneen gepatrolleer.
Kitty Hawk-klubhuis
Met sonsopkoms het Phillip ’n rooi lint in bosse op die luglandgoed se terrein gewaar en het al die gesteelde goedere daar gevind.

Lughawebestuurder, Dawie Pretorius
Wilma wil graag vir Phillip, Dawie, Christo Keyter en die MZT buurtwag baie dankie sê vir hulle hulp. |