Ons lees met oorgawe Print E-mail
News - Briewe
Monday, 24 November 2014 23:37
Untitled Document

Rina Engelbrecht van Laerskool Tygerpoort skryf:
Hoe heerlik is dit nie om met afwagting elke nuwe glansuitgawe oop te maak en Tygies se foto’s in julle spogboek te sien nie! Gemeenskapsondersteuning is vir elke Tygie baie belangrik en julle is beslis die toonaangewers op die gebied.

Ons sien en lees ook graag van ons mede-skole in die omgewing, want ons is tog almal in die spesiale beroep vir een doel – om gebalanseerde, goed aangepaste en in besonder puik toegeruste kinders die grootmenswêreld in te stuur.

Dankie vir pragtige foto’s, nuuswaardige artikels, inligting oor ons omgewing en ons ryke geskiedenis, asook vele hulpvolle advertensies.

Tygies presteer, bid, lag en leer maar Die Bronberger is dié gemeenskapsboek in ons Jakarandastad om beslis nie op uit te mis nie! Elke Tygie lees elke uitgawe met oorgawe.

Baie dankie vir julle ondersteuning. Mag elke uitgawe en lid van die Bronnie-span geseën wees.

 

© 2020 Die/The Bronberger