Koffie hoort nie in ‘n kroeg nie PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 24 November 2014 21:36
Untitled Document

Zebra's se bestuur skryf:
Hiermee wil ons u graag in kennis stel van die verkeerdelike feite wat gepubliseer is in
Die Bronberger,
Uitgawe Vol. 13 No.2. Verwys na die artikel op bladsy 40 – ‘Die sous was die sukkel werd’.

In die artikel verwys Vreethans na Zebra's waar hy en sy metgesel blykbaar ongenooid opgedaag het, om 'n raserige "live entertainment band" te kry wat besig was om op te pak 13:00 die middag. Ook dat daar nie kos of koffie beskikbaar was nie.

Ons bedien nie koffie as 'n spyskaart item nie aangesien ons voel dis somer en 'n cocktail of koue verversing is meer gepas vir 'n kroeg, maar indien daar iemand is wat daarvoor vra, het ons nog altyd 'n gunsie gedoen en dit wel bedien. Al het dit vereis dat ek self in my huis die bestanddele gaan neem om dit te voorsien. Maar nog nooit is iemand net blatant gesê daar is ongelukkig nie koffie nie.

Ons raserige ‘band’ waarna daar verwys word is 'n ‘acoustic rock band’ wat elke Sondag met ons ‘Rock Garden Sundays’ 13:00 eers begin speel tot 18:00. Hulle het nog nooit vroeër opgepak soos verwys in die artikel nie.

Indien ons Zebra's bemark met Afrikaanse sangers op Sondae, of 'n koffie kroeg, of dat ons volle toegeruste restaurant kombuis op 'n Sondag oop is sou ons verstaan hoekom hierdie artikel kon korrek wees. Maar aangesien ons dit nie so adverteer nie, voel ons dis onregverdige kommentaar.

Brief verkort – Red.

Vreethans antwoord: “Ons is deur die werknemer (blatant) meegedeel dat: Daar nie koffie is nie. Daar nie kos is nie. Die orkes nou klaar geraas het omdat van die lede op ‘n ander plek moet gaan speel. Dit is die feite.”

 

© 2019 Die/The Bronberger