Huiseienaars, wees gewaarsku Print E-mail
News - Briewe
Monday, 24 November 2014 23:36
Untitled Document

Ontnugterde huiseienaar in die Bronberg-omgewing skryf:
Dit is bekend dat persone hulself voordoen as verhuringsagente sonder enige kwalifikasies. Dit het aanleiding gegee dat ek skade gelei het.

Om te voorkom dat jy skade lei, maak seker dat die verhuringsagent aan die nasionale vereistes voldoen. Persone wat onder die dekmantel van ander organisasies hulle besigheid bedryf is nie gevrywaar van vervolging nie. Dus alle betrokkenes, wees gewaarsku.

Die volgende is voorbeelde wat nagelaat word deur ‘verhuringsagente’ ten opsigte van die vorige huurder: Vorige huurgeskiedenis; vergoeding (salarisstrokies); kredietwaardigheid en instandhouding van vorige gehuurde eiendom; getuigskrif of handelsverwysing as bevestiging van huurder; huurooreenkomste soos water- en ligterekeninge wat nie opbetaal is of was nie; en trustgelde wat nie na wense deur die ‘huuragente’ bestuur word nie.

Alles gaan goed totdat ’n derde party nie sy vereistes nakom nie en die enigste verloorder is die huiseienaar.

 

© 2020 Die/The Bronberger