Twaalf mense-stories van lief en leed uit ons sesde jaar Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 18 September 2008 00:21
Untitled Document

In die afgelope jaar het Die Bronberger ’n groot aantal besondere mense ontmoet en hulle aan sy lesers voorgestel - van kunstenaars tot skrywers en omroepers tot dié wat kinders se drome laat waar word. Ons het egter ook ’n paar geliefde Bronbergers op tragiese maniere aan die dood afgestaan.

Bashewa se Boskazi
Die eerste Breytenbachs het in die vyftigerjare op Bashewa aangekom en ’n lewe begin bou rondom die oorspronklike 1908 opstal van die Erasmusplaas, Rietfontein. Oor die jare het die oudste seun van dié gesin, Francois Breytenbach, kunskenners se belangstelling geprikkel met sy koper skeppings, kaalvoete, wilde boskasie en boheemse bestaan in dit wat hy sy kaias noem. Die Bronberger het in Oktober 2007 gaan kyk wat Francois deesdae doen.


Francois Breytenbach

Marie se mure
Wie sou nou kon raai dat kunstenaars sou tou staan om twee keer ’n jaar uit te stal in iemand se huis? Marie Spruyt se huis word twee keer ’n jaar heeltemal oorgeneem deur ’n kunsuitstalling. Sulke tye is die voorstedelike huis bekend as Kuns Uniek en woon die Spruyts in ’n kamertjie agter in die huis. Dié is nie ’n formele galery nie, maar van ons land se bekendste kunstenaars stal al amper twee dekades lank daar uit. In November 2007 het Die Bronberger vir Marie gaan vra wat haar die idee gegee het om kunstenaars soos Bettie Cilliers-Barnard, Anton Bosch, Esra Bosch, Michael Heyns, Anton Smit en David Reade na haar huis toe te lok.


Marie Spruyt

Larné shares her secret
“If I can do it, so can you.” So says a woman who changed her life from the hopeless misery of a battered wife to abundant joy and peace. Larné Neuland was on the brink of suicide when she stumbled upon an age-old secret. In November 2007 The Bronberger spent a morning at Larné’s Zwavelpoort home to ask her how she turned her life around to become a best-selling author and motivational speaker. Larné’s advice to readers was: “Forget about realism; focus on what you want.” She said that once people realise how powerful their thoughts are, they’d be able to do anything.


Larnť Neuland

Krismisbokse
In Desember 2007 het ons by ’n paar Bronbergers gaan aanklop om te hoor of hulle nog die Kersdaggeskenkeuit hul kinderdae kan onthou en of hulle ’n besondere jaar en ’n spesiale geskenk in herinnering kan roep. Gert het die Kerstyd onthou toe hy sy eerste groot fiets gekry het op Middelburg in die Karoo. Hy was tien jaar oud.


Gert Vorster

Tragedie skok
In Januarie 2008 berigDie Bronberger dat Hein Kruger sy vrou Karen op Maandag 14 Januarie doodgeskiet het en daarna homself. Hy het Karen in die oprit voor haar huis in Equestria voor haar twee kinders geskiet en homself ’n uur en ’n half later in sy dogter se woonstel in Tygerpoort.


Wyle Karen en Hein Kruger

Op plotpad vermoor
Elize Havenga van plot 33, Rietfontein se lyk is in Februarie langs ’n grondpad, ’n paar honderd meter van haar huis af, gevind. Dit nadat sy ongeveer ’n dag lank vermis was. Elize is verkrag en met ’n stuk draad verwurg. In Februarie 2008 berig Die Bronberger dat Moses Selepe, ’n plaaswerker in die omgewing, gearresteer is en verdink word van die moord. In die Mei-uitgawe van Die Bronberger hoor ons dat die verdagte vrygelaat is nadat DNS toetse hom nie met die moord kon verbind nie. Vroeg in September is ’n nuwe verdagte, ’n bouer in die omgewing, gearresteer nadat die polisie Elize se selfoon by hom gekry het. Hy het in die Welbekend landdroshof verskyn op klagte van verkragting, moord en diefstal.


Elize Havenga

Shaping of an artist
The word ‘artist’ evokes images of bare attics, breadcrumbs for lunch, the poverty that artistic integrity so often brings with it. Today, however, many a true artist lurk behind the commercial work that allows them to bring home the bacon. Still, how easy is it to go from grinding out graphics to having one’s own fine art exhibition? In February 2008 The Bronberger spent a morning at the home of Marica Sutherland, an artist whose soul survived the shark-infested waters of the advertising agency industry. Actually she not only survived it, she picked up the skills necessary to keep her head above water as an artist exhibiting sans gallery.


Marica Sutherland

Sy mielies groei geil
In Februarie 2008 vertel Die Bronberger dat die plantgogga Russel Cornell reeds in die 1940’s in Zwavelpoort gebyt het. As kind het hy gekyk hoe sy oupa Francois Evans groente en mielies op die plaas Zwavelpoort geplant het. Vanjaar het Russel, wat nou self ’n oupa van 65 jaar oud is, besluit dat mielies weer geplant gaan word op Zwavelpoort.


Russel Cornell saam met sy kleinkinders Clyde Cornell, links, en Russel Vorster, regs

Leeus en liefdesverhale
“As daar nie ’n leeu iewers brul of ’n luiperd rondsluip nie, moet jy maar wonder of ek die boek geskryf het,” spot Adele Reynders in Die Bronberger se Apriluitgawe. Adele is ’n kunstenaar wat ’n paar jaar gelede liefdesverhale begin skryf het. Ons het ’n middag saam met haar deurgebring op die Mooiplaats plot waar sy woon en werk. Adele het bekend geword as kunstenaar met ’n groot liefde vir die bos en al sy inwoners. Toe die skryfgogga Adele egter byt het sy, soos sy dit stel, met ’n “bang” weggespring en nege liefdesverhale in ongeveer twee jaar geskryf.


Adele Reynders

Vliegdrome word waar
Kinders met lewensbedreigende siektes se drome het op Saterdag 17 Mei waar geword by Kitty Hawk lughawe in Boschkop. In Junie 2008 berig Die Bronberger oor dié uitstappie wat deur Reach for a Dream moontlik gemaak is. Die gesamentlike eienaars van die Kitty Hawk landgoed het hulle vliegtuie, tyd en vaardigheid die dag beskikbaar gestel.


VlieŽnier Charl Barnard saam met sy passasiers Lee-Ann Muller en Victor Vorstman

Radiostem onthul geheime
Mooiplaats se Anieta Armand het vir 30 jaar by bykans elke radiostasie in die land uitgesaai. Haar loopbaan in die uitsaaiwese het op’n vreemde manier begin op ’n dorpskou in die vroeë sestigerjare toe sy kommentaar gelewer het by ’n skoonheidskompetisie vir mans. Dié petalje was so ongewoon dat Fanus Rautenbach dit kom beoordeel het en Anieta raak-geluister het. In Julie 2008 vertel Die Bronberger van die snaakse draaie wat die lewe met Anita geloop het – van die grensoorlog toe sy rondgejaag het met beweegbare senders in Angola, van dreigende aanvalle op Radio Pretoria, haar tyd as trokdrywer, haar nuwe toermaatskappy en haar eerste uithourit wat sy op die ouderdom van 71 jaar voltooi het.


Anieta Armand

Pikkies dans
In Augustus 2008 berig Die Bronberger dat twee agtjarige meisietjies op eie inisiatief ’n konsert gereël het om geld in te samel vir die Paul Jungnickelhuis vir gestremdes. Amber Williamson en Cara van der Walt het op 25 Julie ’n musiek en dansvertoning by Amber se ouerhuis in Mooikloof gehou en R667.30 ingesamel.


Amber Williamson, links, en Cara van der Walt, regs, by Daleen Botes van die Paul Jungnickelhuis

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger