Vreethans van Heerden en Metgesel besoek kuierplekke
in die Bronberg-gebied ongenooid en betaal
self vir dit wat hulle geniet, of dalk nie geniet nie
Ons het gehoor dat Donkerhoek
se bekende Blikbord ’n
nuwe naam, ’n nuwe baadjie en nuwe eienaars het en omdat ons in die omgewing was, besluit
ons een Sondag om daar in te val.
Hulle noem dit nou die “Sambok
Bar” en die opvallendste verandering
is die imposante nuwe lapakuierplek
kompleet met sy eie
kroeg en permanente verhoog.
Die Sambok Bar se verhoog wat oor naweke ingespan word
Een van die nuwe eienaars, Gary,
eens van die Riverside Mixer, vertel
dat hulle oor naweke nuwe
kunstenaars die geleentheid gee
om hulle musiek-ding op die
Sambok Bar se verhoog te doen.
Een van die ander eienaars, Bok
van Blerk, is self nie meer so ’n’nuwe’ kunstenaar nie. Later vertel
Matewis ons dat die ander eienaar
se naam Shaun is en ons wonder
of dit die Shaun is wat saam met
Bok sy Delarey-ding gedoen het.
Maar laat ek eers iets oor Matewis
sê. Matewis is ’n kelner met ’n
welluidende, diep stem en seker
een van die mooiste Afrikaanse uitsprake
wat ek nog teëgekom het.
Sy goeie Afrikaans het hy in die
Vrystaat geleer, sê Matewis. Hy is
ook ingelig, vriendelik en flink. ’n
Ware voorslag by die Sambok Bar
is Matewis, kan jy maar sê.
Daar word gesellig gekuier dié
Sondag by die nuwe Sambok Bar.’n Hele klompie mense sit om die
ruim binnekroeg waar Afrikaanse
musiek – effe te luid na my smaak– oor die luidsprekers gespeel
word. Onder hulle tel ’n goeie
klompie aanhangers van die veldfiets-
tydverdryf – kompleet met
hulle imposante uniforms. Gary is 'n groot geesdriftige van dié motorfietse
en een is selfs teen ’n muur
in die lapa gemonteer.
’n Veldfiets pronk teen die Sambok Bar se muur
Ons neem plaas by ’n
buitetafel en Matewis is
gou byderhand om ons
bestellings te neem. Die
stemming in die buitekuierplek
is ontspanne en
gemoedelik. Die spyskaart
bied die gewone verskeidenheid
van vleisgeregte en ’n
paar ongewones soos die “Sambok
Basket” wat met verskillende vleise
gelaai is en genoeg is vir vier
mense. Dit kos R140.
Opvallend is hoe baie van die
keuses slegs ’n ronde R35 kos.
Hieronder tel spaghetti bolognaise,
steak, eier en tjips en vis en tjips.
Metgesel besluit op die stokvis –
grootliks oor die spyskaart sê dis
met ’n bier-beslag (batter) gemaak
en haar vriendin het toe net
onlangs vertel welke lekker “batter”
’n ou met bier kan maak. Sy
bestel ook ’n slaai daarmee saam.
Die vis en die tjips, in wieletjies
eerder as in skyfies gesny, en die
slaai geval haar. Volgens haar is
die bierbeslag toe so lekker as wat
vriendin te vertelle gehad het.
Al het Matewis my gewaarsku dat
die pasteie nie “tuisgemaak” is
soos wat die spyskaart sê nie, het
ek tog besluit om een aan te durf. ’n Hoenderpastei. Dit is immers
tuisgemaak daar waar dit gemaak
is, voordat Sambok dit aangekoop
het, redeneer ek. Dis ’n redelike
groot, vierkantige pastei, maar ek
is spyt ek het nie iets anders bestel
nie. Ek vermoed dat die pastei
beter sou smaak en minder uitgedroog
sou wees, as dit nie so lank
warmgemaak is nie. Die slaai wat
ek daarmee saam bestel het was
vars en smaaklik.
Sambok Bar is op die ou Bronkhorstspruitpad.
Die nuwe buite-kroeg in die ruim kuierplek
|