Kyk dié ‘gratis’ perd gerus in die bek PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 27 October 2014 23:25
Untitled Document

Loop lig vir iemand wat jou ‘n gratis-Friesperd aanbied, kompleet met sertifisering van die Zwavelpoortse Doorndraai Friesperd Stoet. Al wat jy glo hoef te doen is om R8 000 vir die vervoer van die perd te betaal.


Doorndraai Friesperd Stoet-eienaar, Marlise Botes, links, en stalbestuurder, Altie Clark, regs

Dit is ‘n bedrogspul, sê Doorndraai stalbestuurder, Altie Clark. “Ek twyfel of daar enigsins regte perde bestaan.”

Altie sê dat die boewe registrasie-dokumente vervals en aan mense wat ‘n goeie huis aan so ‘n ‘gratis perd kan bied, wys. Sy sê dat ‘n Doorndraai dokument gesteel is en gebruik word om vals inligting op aan te bring vir ‘n Moly-Loe. Die dokumente behoort egter aan Mona Lisa van Doorndraai en is beslis ‘n vervalsing.


Vervalste dokument

“Ons versprei dié waarskuwing maar orals waar ons kan en laat weet mense dat dit ’n bedrogspul is. Die ouens wat agter die ding sit is onbereikbaar. Ek weet nie wat ons gaan doen nie,” sê Altie.

 

© 2019 Die/The Bronberger