Biblioteek vorder langsaam en luid PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 27 October 2014 21:24
Untitled Document

Bouwerk aan die Cullinanse Biblioteekpark, agter die polisiestasie, vorder maar stadig. Dié projek het in September 2012 afgeskop en moes teen die einde van Desember 2013 klaar gewees het. Die aanvanklike geraamde koste van dié Tshwane Metroraad-projek was R51 miljoen. Inwoners van die dorp is omgekrap oor die byna daaglikse afskiet van dinamiet op die bouperseel. Aanvanklik is nabygeleë huiseienaars vooraf kennis gegee oor die tye van die oorverdowende ontploffings, maar deesdae gebeur dit sonder waarskuwing.

 

© 2019 Die/The Bronberger