Nasionale boomplantmaand is op Maandag 1 September afgeskop
met ’n boomplantdag by die Voortrekkermonument. Een van die
bome wat daar aangeplant is, is die wildepruim – boom van die jaar.
Elsabé Maré het dié dag bygewoon en na die tyd gaan kyk waar die
wildepruim in die Bronberg-gebied groei.
“Belangstelling in boomplantdag
het geweldig toegeneem. Vanjaar
is daar baie meer mense wat wil
bome plant as die vorige keer.”
So sê generaal Gert Opperman,
hoof uitvoerende beampte van die
Voortrekkermonument en die
Erfenisstigting wat op Maandag
1 September ’n boomplantaksie
gehou het as aanloop tot die opening
van die Erfenissentrum op
Vrydag 5 September.
Nelis Vosloo en Runé Visser van die Hoërskool Die Wilgers het by die Voortrekkermonument se Erfenissentrum
gaan bome plant en word hier teen die 4,1m hoë bronsbeeld van Voortrekkervrou en kinders verdwerg
Daar is 350 bome, insluitende
bergkaree, papierbas, soetdoring,
karee, enkeldoring, koorsboom,
olienhout en die boom van die
jaar, die wildepruim, oor die hele
terrein geplant.
Jakes Jacobs, die Voortrekkermuseum
se verteenwoordiger op
die tuinboukomitee, vertel dat die
wildepruim veral gesien kan word
aan die suidekant van die Voortrekkermonument-
terrein, tussen
die dam en Eeufeesweg.
Jy kry dié boom op die Shereplotte
en omgewing, en kerkgangers van
die NG Gemeente Tygerpoort sal
die groot skaduryke boom in die
noordoostelike kant van die
gronde eien as ’n wildepruim.
Skadu
Die wildepruim, suurpruim of
Harpephyllum caffrum, nasionale
boomlysnommer 361, is ’n gewilde
boom om in tuine en parkeerareas
te plant omdat hy skaduryk is en
so mooi vertoon.
Hy is ’n middelgroot, immergroen
boom met ’n regop maar betreklik
kort stam wat dik, grof en donkerbruin
vertoon. Hy het ’n digte,
ronde spreiende kroon. Manlike envroulike blomme kom aan aparte
bome in die tweede helfte van die
somer voor. Jy sal die wildepruim
uitken aan die vroulike boom se
klein groen-gelerige blomtrosse
wat ’n rooi vrug vorm waarvan jy’n surerige jellie kan maak.
Volgens generaal Dirk Marais, bekende
in die Bronberg-gebied vir
die kweek van omgewingsaangepaste
bome, is dié boom skugter
vir ryp, maar hy het hom in die
verlede baie suksesvol in die
vleigedeelte van die Bafana kwekery,
langs Lynnwoodweg-verlenging,
gekweek.
Dirk vertel dat hy soggens kyk na
die puntjies en of die ryp hom
raak, maar hy pas aan. “Dit is nie
soos die swartryp van 2003 nie; dit
het die nuut aangeplante wildepruime
by die Wilgershospitaal
swaar getref, maar hulle groei
weer, sê Dirk.
Kleuterskool-assistent Cora Venter
en Justin Smith, ’n klein tiertjie
van die Tiertjie Kleuterskool op die
NG Gemeente Tygerpoort se terrein
by die wildepruim
Vernoem
Dawid du Plessis, ’n dosent in
plantkunde by Tshwane Universiteit
van Tegnologie, wys daarop
dat daar drie maniere is waarop
ons bome vernoem, soos die
apiesdoring, Acacia galpinii, wat na
dr Galpini vernoem is wat in 1800
geleef het, en op die manier word
sy kundigheid vereer.
Die tweede manier is die verwysing
na die planteienskappe, soos
die geel bas van die koorsboom,
Acacia xanthophloea. Die derde
manier is ’n geografiese verwysing,
soos natalensis of magalismontanum,
of aloepretoriae wat verwys
na ’n aalwyntjie wat in Pretoria
volop is.
“Daar is ’n magdom literatuur oor
plantsoorte wat na die medisinale
en kultuur-historiese gebruike verwys.
Ongelukkig raak laasgenoemde
nou in onbruik omdat die kennis
saam met die kundiges uitsterf,”
vertel Dawid.
Tradisioneel word die wildepruim
se bas gebruik om velprobleme
soos aknee en ekseem te behandel.
Verstuiting en
beenbreuke word
behandel met verpoeierde
bas wat
eers gebrand moes
word.’n Aftreksel van die
bas word ook
gebruik as braakmiddel
en bloedsuiweraar.
Generaal Gert Opperman en ?n groep van die planters by die boomplantprojek by die Voortrekkermonument se Erfenisterrein |