Rayton hou misdadigers dop PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 27 October 2014 23:23
Untitled Document

Rayton en omgewing het genoeg gehad van misdaad. Benewens ‘n bestaande buurtwag-groep, is ‘n Facebook-blad, Rayton Gemeenskap Assosiasie, nou ontwikkel om mense op hoogte te hou van misdadigers se bewegings in die gebied.

Inwoners word gevra om alle misdaadvoorvalle en –bewegings en leidrade soos skoenspore, wat kan help om misdadigers vas te trek, op dié blad te sit.


Retha Komejan

“Plaas asseblief alle voorvalle op die blad sodat ons taakspan dit met die polisie kan beding, veral oor die feesseisoen, sê Retha Komejan.

Besonderhede van misdaadvoorvalle kan ook deurgegee word aan Dave: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Vir meer inligting, bel Retha by 082-490-7373.

 

© 2019 Die/The Bronberger