Operasie Tierboskat suksesvol voltooi Print E-mail
News - Ons Omgewing
Monday, 27 October 2014 23:21
Untitled Document

Elsabé Maré

Wat doen jy as ‘n tierboskat homself op jou plaas kom vet voer? Jy bel natuurlik jou plaaslike alarm-moniteringmaatskappy.


Jacques van der Merwe en Pieter Vosloo met die hok in die voorgrond

Dit is die dilemma waarmee Dewald en Karin Botha van Kafferskraal, restant 15, ‘n hanetree van die vier-rigtingstop by Cullinan se ‘Fourways’, gesit het. En ook die oplossing waarmee hulle vorendag gekom het.


Die oorblyfsels van gans nommer drie


Waldin, Dewald en Karin Botha 

Pieter Vosloo van Diamond Alarms in Cullinan se hulp is ingeroep. Hy het gou die nodige kenners, soos die mense by Wet Nose Dierereddingsentrum, byeen geroep en dieselfde middag is operasie tierboskat uitgevoer.


Die verdoofde tierboskat in die vanghok

Kat se kind is verdoof en veilig in ‘n krat gesit om vervoer te word. Hy is ‘n geskatte vier jaar oud en weeg 20 kg.

Petra Diamantmyn het toestemming gegee dat die tierboskat in hulle wildsplaas vrygelaat kon word.


Die tierboskat is wakker en begin by die vanghok uitklim

Hy bekyk die wêreld maar versigtig

En hy is vry om te beweeg soos hy wil by Petra Diamantmyn se wildsplaas
 

© 2020 Die/The Bronberger