Daar is hoop PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 27 October 2014 21:08
Untitled Document

Shane Africa van Bronkhorstspruit skryf:
My naam is Shane Africa. Ek is van die Kaap, maar ek woon tydelik op ‘n plaas hier in Bronkhorstspruit en ek wil net vir julle almal hartlik bedank vir hierdie tydskrif. Dit is nogal baie interessant asook baie behulpsaam. Hou so aan en mag God julle ryklik vorentoe seën.

Ek is ‘n gerehabiliteerde dwelmverslaafde en het 13 jaar ‘crystal meth’ (tik, soos in die Wes-Kaap genoem), mandrax, dagga en alkohol misbruik. Ek was in talle ‘rehabs’ maar niks het gehelp nie, tot ek by Kwasizabantu Mission uitgekom het.

Hulle is nie ‘n ‘rehab’ nie, maar ‘n Christelike sending, en enige persoon met enige probleem kan daarheen gaan vir geestelike hulp en berading.

Hulle is totaal en al gratis vir almal en het sendings reg oor die wêreld en almal is gratis, maar die hoof-sending is in Kwazulu-Natal. Ek wou net sê daar is hoop.

Brief verkort. – Red

 

© 2019 Die/The Bronberger