Op soek na Dorslandtrekkers se nageslag Print E-mail
News - Toeka se dae
Thursday, 25 September 2014 18:51
Untitled Document

Die Dorslandtrekvereniging is op soek na al die afstammelinge van die Dorslandtrekkers en Angola-Afrikaners.

Die loodskomitee het Kultuursaal 11 by die Voortrekker-monument vir Sondag, 19 Oktober bespreek. Registrasie begin om 9 vm.


Louw du Plessis en sy vrou Mariana is administrateurs van die Dorslandtrekker-afstammelinge groep

Die program sluit die vertoning van ‘Land ter bewoning’, 'n dokumentêre film oor die Dorslandtrek wat ongeveer 25 jaar gelede deur Pieter de Bruyn, wat onlangs oorlede is, gemaak is.

Die stigting van 'n Dorsland-vereniging in die RSA, embleme, doelstellinge, konstitusie, ‘n kort kerkdiens, en die verkiesing van 'n nuwe RSA Dorslandtrek-bestuur is ook op die program.


‘n Boerewa in Angola

Daar sal tyd wees om die perseel in die historiese tuin te gaan besigtig waar die Dorsland-vereniging waarskynlik toegelaat sal word om 'n gedenksteen op te rig vir die Dorslandtrek wat in 1874 uit Pretoria begin het.

Vat volgelaaide piekniek-mandjies, ‘n drinkdingetjie, eetgerei, tafels en stoele saam. Vir diegene wat nie sonder ‘n braaivleisie kan klaarkom nie, is daar braaiplekke, maar bring julle eie braaiers saam, ingeval die aanvraag te groot is.


Trekkerboere in Mossamedes
Foto’s: SA Genealogie

As jy ‘n Dorslandtrek-afstammeling is, maar nog nie tevore kontak gemaak het nie, is dit nou jou kans. Bel die voorsitter, Louw du Plessis, by 082-507-4639, 011-888-3433, of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of sluit aan by https://www.facebook.com/groups/dorslandangola.

 

© 2020 Die/The Bronberger