Wen 'n skildery op ons sesde verjaarsdag Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 17 September 2008 22:44
Untitled Document

Hier is jou kans om ’n geraamde skildery ter waarde van R4 000 te wen. Skilder Wilna Lane bied een van haar skilderye, genaamd ‘Fishing Boat In Bay’, gratis aan ’n gelukkige Bronberger leser.

Wilna het onlangs ’n suksesvolle kunsuitstalling by Sikspence in Olympusrylaan, Faerie Glen gehou waar ’n hele paar skildery verkoop is en sy nuwe bestellings ingekry het. Van haar skilderye hang ook in Café Petra, ’n koffiehuis in Rayton.

Wilna skilder in olieverf en akriel en woon op ’n plot in Donkerhoek saam met haar man Willie wat medies ongeskik vir werk verklaar is.

Al wat jy hoef te doen om ’n kans te staan om dié skildery te wen, is om die volgende eenvoudige vraag te beantwoord: Waar het Wilna onlangs ’n suksesvolle uitstalling gehou?

Stuur jou antwoord saam met jou naam en kontakbesonderhede aan Die Bronberger by e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of faks dit na 086-650-7860. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Vrydag 17 Oktober.


Skilder Wilna Lane

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger