Merkwaardige boomverskynsels geskend PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Thursday, 25 September 2014 18:31
Untitled Document

Een van die jakarandas van Coronationstraat in Cullinan se Oudorp het pas ná ons berig het dat dié straat se bome wêreldroem behaal het, gesneuwel.

In ‘Cullinan se jakarandas in kollig’ het ons verlede maand vertel dat Coronationstraat se jakarandas ingesluit is as een van die wêreld se 16 merkwaardigste boomverskynsels in ‘n foto-artikel deur ‘Bored Panda’, ‘n gewilde bewarings-webtydskrif.


Boomslopers in aksie

Die jakaranda is op 18 Augustus deur ‘n boomslopingsonderneming afgesaag ná die huiseienaar glo gekla het dat een van sy takke binnekort op die huis se dak gaan val. Klaarblyklik is die hele boom gesloop, en nie net die tak verwyder nie, omdat die boom glo die huiseienaar ‘gepla’ het.


Al wat oor is van een van Coronationstraat se jakarandas

Volgens die boomsloper het hy nie toestemming van die stadsraad gehad om die ou jakaranda af te saag nie.

 

© 2019 Die/The Bronberger