PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Thursday, 25 September 2014 18:30
Untitled Document

Die eerste week in September was Boomplantweek en nuwe bome is by skole dwarsdeur die Bronberg-gebied geplant.

Die skaars boom van die jaar is witysterhout, Verpis Lanceolata, en die algemene boom van die jaar kom uit die Heteropyxis-familie, waarvan die algemene een Hyteropyxis natalensis, die laventelboom, is

.
Boomplantdag by Cullinan Gekombineerde Skool

AfriForum Rayton/Cullinan het hulle Boomplantdag op 5 September by die CVO Skool, Pretoria gehou. Die skool het sitrus- en granaat-bome versoek en 10 bome is geplant. Die skenkings was deur: Rissie-pit Kwekery; Blyfontein Kwekery; Torque Drilling; Noord Paneelkloppers; en Sun Projects.


Die Donkerhoekse Kutumela-Molefi-leerlinge by hulle bome

Danie van Eeden van die Zwavelpoortse Wild Route het, as deel van sy Stedelike Vergroeningskoleprojek, honderde riviervaderlandswilg- en ‘n paar huilboerboonbome aangeplant.
Danie se skoleprojek fokus nie net op die aanplanting van bome nie, maar is ook ‘n opvoedingstaak.

Die Wildlands Bewaringstrust het befondsing van die Departement van Omgewingsake, deur die Werk vir Water-program, ontvang en besluit om saam met Danie se Wild Route Omgewingskonsultante te werk.


Afriforum taklede, Corné Yssel, Karen Yssel en Reline Badenhorst, by die CVO Skool Pretoria se Boomplantdag

Van 1 tot 6 September het dié span bome geplant by Mkhambi Primêre Skool naby Bronkhorstspruit; by Kutumela-Molefi Primêre Skool in Donkerhoek; die Cullinan Gekombineerde Skool; Boschkop Primêre Skool; Lesedi Sekondêre Skool in Donkerhoek; en Wozanibone Sekondêre Skool in Kameelzynkraal.


Afriforum taklede, Karen Yssel, Reline Badenhorst en Madeleine Badenhorst by die CVO Skool in Lynnwoodweg-verlenging

CVO Skoolhoof, Riaan van Rooyen, saam met leerlinge
.

Witysterhout
Die witysterhout is gewoonlik vyf meter hoog, maar kan tot 20 meter hoog word in ‘n woud. Hy is ideaal vir ‘n klein tuintjie omdat hy nie ‘n baie aggressiewe wortelstelsel het nie. Dit is maklik om hom van saad te groei en die jong boompies plant goed oor.

Dié boom groei relatief vinnig, kan in verskillende vorms gesnoei word, in potte geplant word en is heel gelukkig om onder ander bome se blaredak te groei. Hy kan ‘n sekere hoeveelheid ryp hanteer en kan droogte oorleef, alhoewel hy nie in droë gebiede floreer nie.


Boschkop Primêre Skoolleerlinge staan gereed om te plant

Laventelboom
Dié is ‘n klein boompie of struik wat graag op klipperige heuwels, termiethope, in bosveld en op die rande van woude groei. Die takkies en blare ruik na laventel indien dit gekneus word. Die bas skilfer af en is grys tot witbont.

Die laventelboom maak ‘n aantreklike fokuspunt in ‘n tuin. Sy glansige groen blare word ‘n diep rooi kleur in die herfs en sy blomme lok vlinders en bye, wat weer insekvretende voëls na jou tuin lok.


Boomprentjies om Boomplantdag te vier by Cullinan Gekombineerde Skool

Afriforum taklede, Corné Yssel, Karen Yssel en Reline Badenhorst, by die CVO Skool Pretoria se Boomplantdag
 

© 2019 Die/The Bronberger