Geskiedkundige hotel maak sy deure weer oop PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 25 September 2014 18:16
Untitled Document

Die geskiedkundige Premier Hotel op Cullinan, ‘n verklaarde nasionale gedenkwaardigheid, se deure het ná twee jaar weer oopgemaak.

Die lint-knip seremonie, om die hotel se opening amptelik te maak, was op 13 September. Plaaslike inwoner, Maudie Smit, een van die hotel-eienaars, se entoesiasme was die inspirasie vir dié heropening.


Soldate marsjeer verby die Cullinan Hotel in die Tweede Wêreld-oorlog toe troepe in dié dorp opgelei is

In Oktober gaan ‘n spa in dié hotel oopmaak. Die hotel gaan ook lidmaatskapkaarte beskikbaar stel met toegang tot die hotel, kroeg, gebeure en die opbou van lojaliteitspunte.


Die hotel in ongeveer 1908

Een van die eerste verwysings na die hotel is toe die algemene bestuurder van die Premier (Transvaal) Diamantmynmaatskappy, William McHardy, op 26 Januarie 1905 ‘n spesiale Skotse funksie in die hotel aangebied het. Dit was ook die dag wat die 3 106 karaat diamant gevind is. Almal wat saamgedrom het in die kroeg, kon die aand die diamant vashou. Later sou dit as die Cullinan Diamant bekend staan.   


Die hotel vandag

Die koöperatiewe vereniging van die diamantmyn het die hotel vanaf ongeveer 1907 bestuur tot die weermag dit vir die duur van die Tweede Wêreldoorlog by die myn gehuur het. In dié oorlog het die Suid-Afrikaanse Weermag die dorp en omgewing oorgeneem omdat die diamantmyn in die depressiejare toegemaak het.


Nichol’s Garage was toentertyd waar die hotel se parkeerarea vandag is. Nichol het ook ‘n huurmotor-diens van daar af bedryf

Ná ‘n aardskudding in die laat 1980’s is albei fasades van die hotel se tweede verdieping so beskadig dat dit verwyder moes word. Voor die hotel in 2007 na sy oorspronklike glorie gerestoureer is, het hy vir 20 jaar toe gestaan.

 

© 2019 Die/The Bronberger