Bashewa-motorhawe is goedgekeur PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 25 September 2014 16:15
Untitled Document

Toestemming is verkry om met die beplande motorhawe op plot 151, Bashewa voort te gaan.

Die Gautengse departement van landbou en landelike ontwikkeling het op 20 Augustus omgewingsmagtiging aan die Van der Merwe Familietrust verleen vir die oprigting van ‘n openbare motorhawe wat ‘n klein werkswinkel, ‘n winkel vir gebak of ‘n restaurant vir wegneemetes en ‘n outomatiese banktellermasjien insluit.

Plot 151 is aan die suidekant van Garstfonteinweg-verlenging (K50), 5 km wes van die kruising met die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad (R25). Dit is reg oorkant die Bashewa Koopsentrum wat bestaan uit kantore, ‘n drankwinkel en supermark.


Die motorhawe gaan op dié oop stuk grond oorkant die Bashewa-sentrum opgerig word.
Foto: Interdesign

Die voorgestelde motorhawe is tussen die bestaande een by die Tierpoort Koopsentrum, ongeveer
6 km verder wes, en die MBT vulstasie op die R25, ongeveer 5 km verder oos. Die motorhawe en winkel sal 24 uur per dag, sewe dae per week oop wees.

Interdesign Landscape Architects (ILA) is deur die Van der Merwe Familietrust aangestel om as onafhanklike omgewingskonsultante op te tree in die projek.

Vir meer inligting, kontak Lindo Magagula van ILA by 012-348-1922.

 

© 2019 Die/The Bronberger