Mooiplaatsers woedend oor konstruksiekamp PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 17 September 2008 20:26
Untitled Document

Inwoners van Mooiplaats is woedend oor die konstruksiewerkerskamp wat langs die Boschkop-pad opgerig is. Hulle sê dat misdaad in dié gebied drasties toegeneem het sedert die werkers in die kamp gevestig is.

Dié inwoners het vergaderings met die konstruksiemaatskappy, Groep 6, wat die werkers langs Twana Lodge gevestig het, gehou. Groep 6 is ’n kontrakteur vir Sable Homes en is besig om te bou aan die nuwe Hazeldean-ontwikkeling. Sable Homes projekbestuurder, Gerda Schoeman, het bevestig dat Groep 6 wel werk doen vir ’n deel van die ontwikkeling, naamlik Oukraal Developments (Pty) Ltd.

Gerda sê dat sy nie kommentaar kan lewer oor die werkerskamp langs die Boschkop-pad nie omdat dit nie een van Sable Homes of Abland se eiendomme is nie, maar private eiendom. Die regte en voorregte van private eienaars word deur die stadsraad beheer. Volgens ’n vertroulike bron behoort die grond waarop die werkers woon aan bemarkingsdirekteur van Groep 6, Herman Marx.

Gerda sê dat wat die misdaad aanbetref, Sable Homes & Abland hulle nie daaroor kan uitspreek nie,“want net soos die lesers word ons ook direk geraak deur die misdaad”.

“Finaal wil ons net aandui om misdaad te voorkom op ontwikkelings waar Sable Homes en Abland betrokke is, mag geen kontrakteur se werkers op die eiendomme slaap nie. Dit is duidelik ingeskryf in ons bouers reëls,” sê Gerda.

Herman het Mooiplaats-inwoners laat weet dat die werkers net tot einde Oktober in die werkerskamp langs die Boschkop-pad sal bly en dat hy geen ander plek het om hulle te huisves nie

.
Die tydelike behuising wat vir konstruksiewerkers opgerig is langs die Boschkop-pad

 

© 2019 Die/The Bronberger