Nog ‘n knewel by Cullinan gekry PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 25 September 2014 18:14
Untitled Document

'n Reuse wit diamant van 232.08 karaat is in September by die Cullinan Myn uitgehaal.

“Die steen is 'n D-kleur Tipe II-diamant met 'n uitsonderlike grootte en helderheid,” het die Petra Mynmaatskappy in 'n verklaring gesê. “Dit is 'n merkwaardige voorbeeld van die groot en hoë gehalte diamante waarvoor die myn bekend staan.”

Die diamant sal na verwagting in die tweede kwartaal van dié finansiële jaar te koop aangebied word.
Tipe II-diamante het geen meetbare stikstof-onsuiwerhede nie, wat beteken dat dit oor 'n hoë gehalte kleur en helderheid beskik.


Die knewel wat by Cullinan ontgin is

Die myn is bekend vir die ontdekking van die Cullinan-diamant in 1905, die grootste diamant wat nog opgespoor is. Die twee stene wat daaruit gesny is, naamlik die Great Star of Africa en die Second Star of Africa, is deel van die kroonjuwele in Engeland.

Die maatskappy het in Junie 'n seldsame 122.52 karaat blou diamant by die myn uitgehaal.

Petra het verlede jaar 'n blou diamant van 25.5 karaat vir $16.9 miljoen (byna R183 miljoen) verkoop.

 

© 2019 Die/The Bronberger