Rommelstorters dreig foto-nemer met pik PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 25 September 2014 16:13
Untitled Document

Rommelstorters het Anton Jansen van Rietfontein met ‘n pik gedreig toe hy foto’s van hulle bedrywighede geneem het.

“Op Saterdagoggend 30 Augustus het ons die vragmotor gevolg toe hy vanaf Garstfonteinweg in ’n grondpaadjie op die Rietfontein landbouhoewes indraai. Toe hulle op ’n leë stuk grond begin aflaai, het ek foto's geneem maar het vinnig die hasepad gekies toe een van hulle met ’n pik op my afkom.”


Al die rommel agter op dié vragmotor is hier gestort

Anton sê die koördinate van die plek waar dié lamlendige vragmotor sy rommel gestort het, is -25.867322 en 28.342384. Volgens Anton kan die grondeienaar of die stadsraad die onwettige storting voorkom deur 'n grondwal langs Foxtrotweg, Rietfontein te gooi.


Anton agtervolg die vragmotor vol rommel

“Ons besef dat die probleem dan verskuif word na 'n ander leë terrein, maar die stadsraad moet hiervoor blameer word. Met die baie bou-aktiwiteite in die suid-ooste van ons stad is daar geen stortingsterrein redelik naby nie.”


Die pik en die mens wat hom vashou, verskyn langs die vragmotor. Dit is net hier waar Anton sy laaste foto geneem het en die hasepad gekies het

Anton het foto’s van die vragmotor se registrasienommer en die telefoonnommer wat op die voertuig se sykante aangebring is.

 

© 2019 Die/The Bronberger