Julle maak dit moontlik PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Thursday, 25 September 2014 16:11
Untitled Document

Sonder sy lesers, sou die Bronnie net ‘n klomp nodelose woorde en prentjies op papier gewees het.
Maar genadiglik was ons van meet af aan geseën met die wonderlikste, ondersteunende lesers denkbaar. Lesers waarvoor enige publikasie maar net kan wens. Hoe weet ons dit en hoe meet ons dit?

Ons weet dit oor die volgehoue meelewing van ons gebied se mense en ons meet dit aan die deurlopende invloei van briewe wat ons met elke uitgawe in die twaalf bestaansjare ervaar: Briewe van ondersteuning, briewe van aanmoediging, briewe met voorstelle en wenke, briewe met kritiek en met inligting, briewe van dank, briewe met versoeke en hartsbriewe oor mense en gebeure in die gebied. En ons weet dit deur die talryke, welkome oproepe en e-posse wat ons daagliks ontvang.

Dit is julle, die Bronnie se lesers, wat die dank, die gelukwense en die krediet verdien vir die volgehoue groei wat ons, as onafhanklike publikasie, oor die afgelope 12 jaar kon ervaar. Dit is julle wat ons op ons tone en gemotiveerd hou en dit is ons lesers wat deur die volgehoue ondersteuning van ons adverteerders, sorg vir die lewensbloed wat die Bronnie se hart aan die klop hou.

Ons wil, hier met ons twaalfde verjaardag, ‘n groot dankie sê aan elke adverteerder wat ons deur die jare heen ondersteun het en ons wil veral dankie sê aan die lesers wat getrou ons adverteerders ondersteun. Sonder dié simbiose sou Die Bronberger nie bestaan het nie.

Elf jaar gelede, met ons eerste verjaardag, het ons ‘n lesersbrief ontvang wat sprekend is van die ondersteuning en motivering wat ons vandag nog uit die gemeenskap ervaar. Ons plaas dit weer:

We salute you

Mervyn Woodrow from Mooiplaats writes in September 2003:
I have been meaning for some time now to write and thank you for The Bronberger, to congratulate you on the sustained quality of your magazine, to applaud your firmly independent editorial policy and to express the sincere hope that you persevere for many years to come.

I wonder if you are fully aware of your manifold achievements. As I see it you have i.a. entertained and informed, have provided a service (gratis nogal), the fruits of which cannot readily be measured, but hopefully will become increasingly appreciated in the years ahead.

You have given an identity to a diverse community – no mean achievement – and it is now up to that community to rise to the challenge and prove itself worthy.

On the occasion of your first birthday we salute you.

Keep up the good work.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online