Oudsokkerspeler in sy Mooikloof-huis beroof PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 17 September 2008 22:18
Untitled Document

Oudsokkerspeler, Mark Fish, en sy gesin is op Donderdag 21 Augustus deur vier gewapende rowers in hul Mooikloof-huis oorval, vasgebind en beroof.

Mark, sy vrou, Loui, hul kinders, Luke (tien jaar) en Zeke (sewe jaar), hul kinderoppasser, Mary Mlemba en Dylan Marais (tien jaar), ’n vriend van Luke, is om 10 nm deur die rowers oorval en vasgebind. Niemand is seergemaak nie en die rowers het elektroniese toestelle, drie selfone en juwele ter waarde van R200 000 gesteel voordat hulle in Mark se Land Rover gevlug het. Die Land Rover is ’n dag later in Mamelodi gevind.

Mark is ’n ambassadeur van die 2010 Wêreldbeker- sokkertoernooi.

 

© 2019 Die/The Bronberger