Bonus met Bronnie se verjaardag PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 26 August 2014 06:43
Untitled Document

In September vier ons Die Bronberger se 12e bestaansjaar en ons doen dit met ‘n baie spesiale verjaardaguitgawe. Ons vier ons twaalfde verjaardag met oorgawe en ons vier dit met dankbare harte
‘n Bielie van ‘n Bronnie  word beplan en ons nooi alle adverteerders en lesers om deel daarvan te wees.

In die jare wat dié een voorafgegaan het, is ons verjaarsdag-uitgawes in September telkens goed ontvang en baie goed ondersteun. Adverteerders in dié uitgawe kry op die koop toe bonus-blootstelling, omdat ons, as deel van die vieringe, minsters 2 000 ekstra eksemplare versprei.

Ons is trots daarop dat Die Bronberger, as onafhanklike publikasie, nou sy 13e bestaansjaar betree.

Ons is trots en ons is dankbaar vir die volgehoue ondersteuning van die gemeenskap wat ons dien. Om ’n glanstydskrif binne ’n geslote gemeenskap, sonder die rugsteuning van enige groot korporatiewe- of ander organisasie uit te gee en oor ’n volronde dosyn jare stewig te bly staan en gesond te groei, wil gedoen wees.

Iemand het iewers gesê: “Verjaarsdae is goed vir jou. Statistiek bewys dat die mense wat die meeste daarvan het, die langste lewe.” En dit wil lyk of dit hier ’n geval is van: Hoe langer ons lewe, hoe beter wil dit gaan.

Jy kan maar sê dat ons genadiglik opgeneem is in ’n heuglike kringloop: Omdat ons lesers werklik hulle Bronnie wil lees en dit met deeglikheid doen, kry ons adverteerders baie goeie blootstelling en reaksie en wil hulle graag weer adverteer. Op dié manier kon ons oor die afgelope jare as ’n gesinsonderneming, nie net voortbestaan nie, maar ook groei. Wees verseker dat ons verskriklik dankbaar is teenoor almal wat dit moontlik gemaak het.

Ons wil almal wat in die laaste 12 jaar gereeld of net soms in Die Bronberger geadverteer het, nooi om ons verjaarsdag saam met ons te vier. En as jy nog nooit in die Bronnie geadverteer het nie, bied ons verjaardaguitgawe die ideale geleentheid om nuwe voete nader te lok.

Jou advertensie gaan in ’n versamelstuk verskyn wat ons lesers soos ’n kosbare besitting bewaar en in terug blaai oor baie maande heen. Ons leser-vriende kan vir ons ’n brief skryf oor dié dinge wat vir hulle in die afgelope publikasiejaar uitgestaan het. As iets met jou gebeur het, jou gepla het, of as iets jou bly, kwaad, skaam, hartseer, knorrig, dankbaar of wat ookal gemaak het, sit pen op papier of vingers op sleutelbord en deel dit met jou mede-Bronbergers.

Bespreek jou plek vroegtydig:
Kontak Tania by 072-089-0227 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online