Geliefde eks-vegvlieënier oorlede PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 17 September 2008 21:57
Untitled Document

Sam McMurray is op Maandagoggend 8 September na ’n kort siekbed oorlede. In Junie 2006 het Die Bronberger die storie van dié eks-vegvlieënier se eskapades in die Tweede Wêreldoorlog vertel.

Sam se Mooiplaatsbure onthou hom as persoon wat eerste daar was om te help vuurslaan, plaaspaadjies reg te maak of sommer, net so terloops, jou boorgatpomp te maak werk. Díe wat hom geken het sal hom mis as vriend en vertroueling.

 

© 2019 Die/The Bronberger