Print E-mail
News - Toeka se dae
Tuesday, 26 August 2014 08:36
Untitled Document

Die sewende jaarlikse Genealogie en Familie-erfenisfees is op 6 September by die Lynnwoodrif Atrium.
Besoekers is welkom om leidrade, volle name, plekke en datums van voorouers se geboorte, huwelik en sterfte saam te neem en vrae aan ervare uitstallers te vra.

Die uitstallings is van 8.30 vm tot 2 nm en daar is ‘n teetuin en kosstalletjies, asook boeke te koop.


Isabel Groesbeek

Daar is twee inligtingsessies in die hoofruim langs die Atrium. Otto Diedericks praat van 9.30 vm tot 10 vm oor genealogie en die rekenaar. Isabel Groesbeek praat van 11.30 vm tot 12 uur oor die ABC van genealogie.

Uitstallers strek van: Algemene navrae oor genealogiese bronne en metodiek; Bekker-, Groesbeek- en Van Wyk-familie; Barkhuizen-familiebond;  Diedericks-familie; Dreyer-familie; Die Erfenisstigting Navorsingsbiblioteek; Die FAK, Fourie-familiebond ; Genealogiese Genootskap van SA; Harmse-familie; Hugenote Vereniging van SA; Human-familie; Jordaan-familiebond; Kraal Uitgewers;Labuschagne-familiebond; Lemmer-familie; Lombard-familie; Malan-familiebond; Protea Boekwinkel; en Vorster-familie.


Vra vrae oor voorouers aan uitstallers by die fees

Die Lynnwoodrif Atrium is in 269, Lanciastraat. Toegang is gratis, maar sitplekke vir die praatjies moet by organiseerder, Isabel Groesbeek, bespreek word. Bel haar by 082-441-2325 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger