Oppas vir stilhou langs dié pad PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 26 August 2014 06:21
Untitled Document

Motoriste wat met die Ou Bronkhorstspruitpad (R104) tussen Rayton en Hans Strijdomrylaan ry word gemaan om nie onnodig van die pad af te trek nie. Verskeie mense is naby die beboste gedeeltes langs die pad gekaap en aangerand.

In Julie is Gerrie Dippenaar, ’n Pretoriase tennisafrigter wat van Rayton na Pretoria gery het, deur booswigte aangerand toe hy van die pad af getrek het. Hy is in die bos met ‘n pistool in die gesig begroet. Hy moes saam met die man in sy bakkie na ’n bosagtige gebied ry waar 17 ander mans hom ingewag het.

Hulle het hom uit die motor gepluk, aangerand en sy hande met sy skoenveters vasgebind. Vier mans het hom dieper die bos in geneem en sy hande met draad om ’n boom vasgebind.


Moenie naby bosse langs die Ou Bronkhorstspruitpad (R104) aftrek nie

Hy moes sy bankbesonderhede aan hulle gee, maar ná ‘n probleem met sy foon wat geblokkeer was, het hulle hom tyd gegee om die foon te ontsluit en weggestap. Gerrie het vir water gevra om van die ander mans ontslae te raak en het die laaste rower met die vuis bygekom en weggehardloop terwyl hulle op hom vuur. Gerrie het sy bakkie, vol krappe en duike, so 200 m van die Bronkhorstspruit-pad gekry en gevlug.

Christoffel Engelbrecht van Rayton is dieselfde week in Julie by die bosse langs die ou Bronkhorstspruitpad, wes van die Sammy Marks-museum, gekaap.

Ná die voorvalle was daar sigbare polisiëring op dié pad.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger