Ken jou burgerregte PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 26 August 2014 06:19
Untitled Document

Weet jy waarop jy geregtig is? Of dit nou gaan oor munisipale dispute of die lê van ‘n klagte by ‘n polisiestasie, hier is ’n paar kitsfeite oor burgerregte:

  • Landbougrond is geregtig op rabatte vir grondbelasting.
  • Onwettige vullisstorting is ʼn strafregtelike oortreding wat by die polisie aangemeld kan word.
  • Die besoedeling van water is ook ʼn strafregtelike oortreding.
  • Die polisie mag nie weier om ʼn klag aan te hoor en ʼn saak oop te maak nie.
  • Polisie moet identifikasie by hulle dra en jy het die reg om ʼn polisiebeampte se besonderhede aan te vra en hy moet dit aan jou verskaf.
  • Die weiering van ʼn polisieman om op te tree as daar ʼn misdaad gepleeg is, is oneties en moet aangemeld word.
  • As jy ʼn klag indien moet jy ʼn verwysingsnommer kry, insluitend klagtes teen polisielede. As klagtes nie aangehoor word nie, moet die klagte verwys word na die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat.
  • Jy kan ʼn siviele eis teen die entiteit, wat ʼn pad in stand moet hou, indien vir skade wat jou kar opgedoen het in ʼn slaggat. 
  • ’n Munisipaliteit mag nie jou krag afsny sonder ʼn twee weke kennisgewing nie. ʼn Kennisgewing op die agterkant van jou rekening geld nie.
  • Jy het die reg om beswaar teen ’n munisipaliteitsrekening te maak. Ná ‘n beswaar mag die munisipaliteit nie kredietbeheermaatreëls toepas voor die dispuut opgelos is nie.
  • Jy het die reg tot minimum 25 l skoon water per dag teen die druk van 10 l per minuut en 6 000 kl per huishouding per maand wat op ʼn gesonde drinkwaterstandaard is.

Dié feite is deur die burgerregte-organisasie AfriForum deurgegee.

 

© 2019 Die/The Bronberger