Wet Nose se rommel onwettig gestort PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 26 August 2014 08:18
Untitled Document

Rommel word onwettig op plot 41, Vaalbank gestort.

Op 30 Julie het Die Bronberger ’n aantal oproepe van Vaalbank-inwoners gekry wat sê dat Wet Nose Dierereddingsentrum besig is om vragte rommel op plot 41 te stort.

Debbie Herselman, besturende direkteur van Wet Nose, het dadelik agter die kap van die byl probeer kom. Volgens Debbie het Wet Nose ‘n rommelverwyderingskontrakteur aangestel en R16 050 betaal om rommel na die Mamelodi Stortingsterrein te vervoer.


Debbie Herselman, besturende direkteur van Wet Nose Dierereddingsentrum

Die kontrakteur het net ‘n paar kilometer vanaf Wet Nose se terrein gery en die rommel by ‘n informele nedersetting gestort. Met verdere navraag het Debbie uitgevind dat ‘n swart vrou lewensregte op dié plot het en die kontrakteur toestemming gegee het om die rommel daar te stort.

Dié storting is onwettig omdat dit nie ‘n geregistreerde stortingsterrein is nie en aan geen van die wetlike vereistes vir so ‘n terrein voldoen nie.

Debbie sê sy is baie ontsteld omdat almal dink dat Wet Nose onwettig rommel stort, terwyl dié dierereddingsorganisasie finansieel ingeloop is. Sy sê dat daar nou glo niks is wat Wet Nose aan die gedane sake kan doen nie; dit is ‘n saak tussen die kontrakteur en die vrou wat lewensregte op plot 41, Vaalbank het.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger