Boewe teiken funksieplekke PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 26 August 2014 08:18
Untitled Document

Ondernemings in die Bronberg-gebied loop deur onder diewe wat hulle as potensiële klante voordoen.
Volgens Liëtte de Bruyn van Riverside Castle in Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort, sê dié mense dat hulle graag ‘n funksie wil bespreek. Een of meer van die boewe hou die personeel besig, terwyl die ander steel.

Liëtte sê dat daar tot vier persone kan wees, maar dat twee altyd saamwerk: ‘n lang, swart persoon en ‘n bruin persoon. Hulle het op 15 Julie tussen 11 vm en 12 uur rekenaars en selfone uit die kantoor by Riverside Castle gesteel.


Riverside Castle

“Hulle ry ook graag deur die parkeerarea as daar funksies is. Ek moes al ‘n paar keer sekuriteitsmense nader om net ‘n draai by ons perseel te ry,” sê Liëtte.

Volgens haar ry hulle in ‘n wit twee-deur Ford Focus 1.6, maar dieselfde mense is ook al in ‘n wit Honda Civic en ‘n wynrooi Volkswagen mikrobus gesien.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger