Verkeersligte verdwyn uit padprojek PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 26 August 2014 06:17
Untitled Document

Verkeersligte gaan nie meer op die gevaarlike kruisings met die Ou Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad (R25) aangebring word nie.

Ons het in Januarie berig dat verkeersligte as deel van die padopgraderingsprojek opgerig gaan word by die R25 se gevaarlike kruisings met die Garstfontein-Witpoortpad (M30), Lynnwoodweg-verlenging (M6) en in Nest Park.

Piet van der Merwe sê dit blyk nou dat die verkeersligte nooit deel van die aanvanklike kontrak was nie. “Ons sal nou die geveg oor die verkeersligte van voor af moet begin. Ek sal opvolg oor wat hier aangaan en versoek almal om vir my skrywes te rig om ons hand te versterk.”


Verkeersligte is nodig op die gevaarlike R25-kruisings, soos dié een met Garstfonteinweg-Witpoortpad waar Karen Fourie en haar kinders, Lise-Marié en Matthieu, in Junie 2012 dood is
Foto: Brendan Croft

In ‘Arbeidsonrus vertraag padwerke’ het ons verlede maand berig dat werk aan dié pad maar stadig vorder en dat slegs 14 km van die 42 km voltooi is en R53 miljoen tot dusver spandeer is.

Dié R193,70 miljoen opgraderingsprojek tussen die Bapsfontein vierrigting stop en Bronkhorstspruit-brug oor die N4 snelweg het op 22 November 2013 begin en die beplande voltooiingsdatum is 20 Mei 2015. Die hoofkontrakteur is die Gautengse Provinsiale Department van Paaie en Vervoer. Die konsultant is Nchebe Consulting en die kontrakteur Dreykon JV.

Ná ‘n onlangse vergadering is bekend gemaak dat 15 km van die pad nou klaar geteer is, 23 km met asfalt behandel is, dat die M30-kruising nou 27,5% voltooi is en die M6-kruising 75%.

Daar is een stop-en-ry punt naby die Kleinzonderhout-winkel en een naby Godrich Toyota in Bronkhorstspruit. Die verfkontrakteur is nou aangestel en het reeds begin verf.

Vir meer inligting, bel Piet van der Merwe by 083-302-0561 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

© 2019 Die/The Bronberger