‘Hulle het my verniel, Koos . . .’ PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 26 August 2014 08:14
Untitled Document

“Hulle het my verniel, Koos.” Dit was die woorde van ‘n erg beseerde Ponty Thuynsma aan sy buurman, wat op hom afgekom het ná rowers hom wreed en aanhoudend gemartel het.

Die 76-jarige Ponty is Sondagaand 3 Augustus op sy hoewe in Tweedracht aangeval en gemartel.

Die boewe het met die hakke van hulle skoene op Ponty se gesig getrap en hulle voete gedraai. Hulle het hom daarná met ’n strykyster gebrand, ‘n pistool in sy mond gedruk, petrol in sy keel afgegooi en oor hom uitgegooi, terwyl hulle gedreig het om hom aan die brand te steek. Tog het hy geweier om sy kluis se sleutels aan hulle te oorhandig. Hulle het dit later self in die hande gekry.

Vier gewapende mans hom Sondag net ná 6 nm in sy huis oorval. Hulle het hom ingewag nadat hy vriende, wat die middag by hom gekuier het, na die motorhek vergesel het. Hulle het sy 12-jarige Boerboel, Molly, se rug gebreek en die hond moes later uitgesit word.


Ponty Thuynsma ná hy erg gemartel is
Foto: Lisa Hnatowicz

Die rowers is met ‘n handwapen en vier jaggewere vort.

Hulle Ponty se bakkie vol gesteelde goedere gelaai, maar kon dit nie aan die gang kry nie en het die bakkie met die goedere daarin, in die agterplaas gelos.

Sy huiswerker het onraad vermoed toe sy die volgende oggend nie by die hek kon inkom nie. Sy het Ponty se dogter, Marianne van der Walt, gebel. Haar suster en swaer wat daar naby bly, het gaan ondersoek instel.

Hulle het Ponty, vasgebind met dasse en kabels, in sy slaapkamer gekry. Hy is in die hoësorgeenheid van die Wilgers-hospitaal opgeneem.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger