Aangenaam verras PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 26 August 2014 06:09
Untitled Document

Alet Erasmus van Kleinfontein skryf:
Dankie vir al die interessanthede wat in die Bronnie verskyn! Wou al hieroor skryf . . . die koffiewinkel in Rayton, Coffee Café.

Ek en my wederhelfte het albei ’n bedrywige week gehad. Hy het middag af gehad en op die ingewing van die oomblik stap ons daar in. Wat ’n lieflike ervaring! Sagte klassieke musiek, vriendelike diens, heerlike koffie en wat ons geëet het, was keurig voorgesit.

Die aartappelskyfies (nie winkelskyfies nie – regte aartappelskyfies) het bros gebly tot die laaste krummeltjie.

Toe ons daar uitstap sê ons vir mekaar: “Ek voel nou so ontspanne.”

Was einde verlede week weer daar om my aangetroude ma te bederf en weer was die ervaring gasvry, keurig. Dankie aan Magda en haar personeel.

 

© 2019 Die/The Bronberger