Wel, hoekom nie? PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 29 July 2014 07:23
Untitled Document

Wel, hoekom nie?

Die goeie reaksie op verlede maand se kommentaar, waar ons die Bronnie se lesers laat praat het oor die voordele van ‘n advertensie in hierdie gemeenskapsblad, het ons teen die versoeking laat swig om weer skaamteloos op dergelike wyse aan’t spog te gaan.

Enige publikasie se inslag by sy lesers kan gemeet word deur die meelewing, of die gebrek daaraan, wat deur lesersbriewe weerspieël word. Die blote feit dat Die Bronberger van meet af aan, bykans 12 jaar gelede, ‘n buitengewone hoeveelheid lesersbriewe ontvang, kan reeds spreek van die waarde wat sy lesers aan hulle publikasie heg.

Weer plaas ons net grepe uit enkele briewe van die Bronnie se lesers:
Dr Attie Snyman: Baie geluk met ‘n uitstekende tydskrif! Ek mis nooit ‘n uitgawe nie, al moet ek spesiaal ry om ‘n Bronberger te gaan soek. Die inhoud is baie interessant en netjies versorg.”

Annarie Brits: “Baie geluk met die sukses-vrug van julle harde werk. Sjoe, julle stap al ‘n lang pad.”

Louisette Hesse Groenewald: “Ek wil net sê Die Bronberger is ’n wonderlike tydskrif vir ons gastehuis se kamers. Dankie.”

C Brand: “Dis professioneel, lyk pragtig en lok baie komplimente uit van almal wat in die tuin kom. Baie dankie aan Danie en dankie aan die Bronnie wat sulke advertensies dra.”

Reinette van der Linde: “Baie dankie, die opkoms van bestellings uit ons advertensie was baie goed gewees.”

Johan Verbeek: “Ons almal in De Meerpaal Aftree-oord in Die Wilgers wil vir julle sê baie, baie dankie vir Die Bronberger. Ons geniet dit om hom te lees en sien elke maand verskriklik uit na ons Bronnies.”

Chris Stander: “Julle storie is eintlik heel inspirerend en ek haal my hoed af vir julle harde werk en deursettingsvermoë. Baie dankie ook vir die mooi plasing van ons advertensie.”

Petro Eysele: “Baie dankie dat Die Bronberger so ‘n lekker-lees en gratis tydskrif is. Sterkte met julle pragtige werk.”

Carel-Johann De Bruin:Dankie vir die nuutste Bronberger wat ek gister in die pos ontvang het. Ek lees altyd die historiese artikel eerste. Puik!”

Carla van Zyl: “Dankie vir julle puik tydskrif. Ons kan nooit wag om dit te lees nie.”

Isabel Groesbeek-Bekker:Die Bronberger is werklik ’n staatmaker-tydskrif in die ooste van Pretoria. Ek geniet veral julle insetsels ‘Het jy gehoor?’, die historiese artikels en die advertensies vir ondersteuning van sakebelange in die omgewing. Doe so voort.”

Desireé Harmse: “Baie dankie vir julle hulp op navrae! Dis baie deeglik. As ‘n mens maar net sulke diens by ander plekke ook kon kry. Julle verdien beslis dié pluimpie!”

Lynn van der Meij: “As ‘n Engels-sprekende vrou kan ek nie sonder my Bronnie nie, en om te dink dis nog steeds gratis.”

Freda Scott: “Dankie aan Die Bronberger se uitgewers, skrywers en samestellers. Lekker om te kan spog met ons Bronberger glanstydskrif.”

Karen Hauptfleisch: “I would just like to compliment you with your article in The Bronberger. It’s been the best article on this matter I’ve seen so far and you really got your facts straight!”
Hoekom dan ‘n advertensie in die Bronnie? Wel, hoekom nie?

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online