Oudit by Cullinan se stortingsterrein PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 29 July 2014 09:03
Untitled Document

Een van die grootste probleme by Cullinan se stortingsterrein is die storting van huishoudelike vullis, hoewel die terrein slegs vir tuinrommel bedoel is.


Daar is ‘n bord by die Cullinan-Stortingsterrein opgerig wat aandui dat dit ‘n tuinvullis stortingsterrein is, maar daar word nog huisvullis toegelaat

Só sê Leandri Streit van AfriForum wat die terrein op 10 Junie saam met Cornè Yssel van die Rayton/Cullinan-tak as deel van AfriForum se SkoonSA veldtog besoek het. Dié nasionale veldtog met die leuse, “Moenie met ons vullis mors nie”, is in Mei van stapel gestuur.


Die Cullinan-Stortingsterrein toe hy op 10 Junie ge-oudit is

Volgens Leandri sal dié situasie sowel as ander probleme onder die Tshwane Metro Munisipaliteit se aandag gebring word om gesamentlike oplossings te vind.


Huishoudelike vullis

Meer as 100 omgewingsoudits is by vullisterreine regoor die land gedoen. AfriForum is van mening dat weinig munisipaliteite aan vullisregulasies voldoen en dat daar ’n tekort aan verantwoordbaarheid in plaaslike owerhede is om vullis na behore te bestuur. Munisipale vullisterreine moet oor vullisbestuurslisensies beskik wat hulle lei om vullis volgens minimum standaarde te bestuur sodat die omgewing, gesondheid en veiligheidskwessies tot die minimum beperk word.     

 

 

© 2019 Die/The Bronberger