Dié grond word deur nuwe eise geraak PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 29 July 2014 09:03
Untitled Document

Nuwe grondeise vir plase en plotte in die Bronberg-gebied is in die Staatskoerant gepubliseer. Dit volg op die onlangse heroopstel van grondeise. Die eise wat gepubliseer is, het betrekking op die eerste fase van eise wat ingedien was:

P Tshabangu eis gedeelte vier, 12 en 17 Witpoort 563 JR, Staatskoerant nr 37443 20/3/2014. Gedeelte vier behoort aan Jacobus Petrus Joubert, gedeelte 12 aan Soloprop Pty Ltd, en gedeelte 17 aan Alexander Crispen en Rose Jongwe.

JS Ntuli eis gedeelte sewe, Boschkop 543 JR, Staatskoerant nr 37443 20/3/2014. Die eienaar is Dual Intake Inv 92 Pty Ltd.

TJ Sibiya eis gedeelte vier, Boschkop 543 JR, Staatskoerant nr 37443 20/3/2014. Die eienaar is Astral Operations Ltd.

Salabakhile Elias Mahlangu eis gedeelte 66, Klipkop 396 JR, Staatskoerant nr 37490 14/4/2014. Die eienaar is South African Scout Assoc.

Buti Joseph Masimula eis gedeelte 22, Rietvlei 683 JR, Staatskoerant nr 37443 20/3/2014.

Joni Jan Skusana eis gedeelte drie en sewe, Tweefontein 491 JR, Staatskoerant nr 37443 20/3/2014. Die eienaar is Gustav Adolp Potgieter.

Kulubang Wilhelmina Mogotsi eis gedeelte vier, Tweefontein 288 JR, Staatskoerant nr 37443 20/3/2014.

Lucas Mahlomo Ngoatele eis gedeelte 11, Tweefontein 288 JR, Staatskoerant nr 37443 20/3/2014. Die eienaar is Gustav Adolp Potgieter.

Petrus Tshili, Jim Rooi Mahlangu en George Ntuli eis gedeelte 17, Tweefontein 552 JR, Staatskoerant nr 37443 20/3/2014. Die eienaar is Gustav Adolp Potgieter.

Fanie Babedi eis gedeelte twee, Leeuwkraal 184 JR, Staatskoerant nr 37449 20/3/2014. Die eienaar is die Departement van Landelike Ontwikkeling en grondhervorming.

Michael Setlhlako Tholo eis gedeelte 13, Nooitgedacht 525 JR, Staatskoerant nr 37443 20/3/2014. Die eienaar is Lazfarm Investments.

Chitha Johannes Msiza eis gedeelte vyf, Oude Zwaankraal 525 JR, Staatskoerant nr 37443 20/3/2014.
Tlhame Shadrack Moeletsie eis gedeelte nege, Bezuidenhoutskraal 166 JR, Staatskoerant nr 37490 14/4/2014. Die eienaar is die Republiek van Suid-Afrika.

April Matsubane Babile eis gedeelte 0, Boschkloof 203 JR, Staatskoerant nr 37490 14/4/2014. Die eienaar is die nasionale regering van die Republiek van Suid-Afrika.

Die Transvaalse Landbou-unie (TLU) het op 19 Julie ‘n inligtingsdag by die Cullinan Boere-uniesaal gehou waar besoekers kon luister na die gevolge van wetgewing op eiendomsreg in Suid-Afrika. ‘n Lys van grondeise was beskikbaar.

Vir meer inligting, kontak Lynette du Plessis van die TLU by 012-804-8031 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

 

 

© 2019 Die/The Bronberger