Eiendomsbelasting skok vir Bronbergers PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 17 September 2008 18:30
Untitled Document

Menige Bronbergers wat in landgoed-ontwikkelings woon het in Augustus ’n reuse eiendomsbelastingskok gekry.

Die eerste munisipale rekenings wat Kungwini Munisipaliteit uitgestuur het ná die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting op 1 Julie in werking getree het, was buitensporig hoog. Die nuwe wet hef belasting op die grond-, sowel as verbeteringswaarde.

’n Egpaar van die Boardwalk Manor-kompleks op die grens van Olympus het ’n eiendomsbelasting-aanslag gekry wat ’n styging van 99,8% toon. Dié egpaar se eiendom is deur Kungwini teen R750 000 waardeer en hulle het ’n rekening van R3 437 gekry. As hul eiendom binne die grense van die Tshwane Metro-raad geval het, sou hulle net R340 moes betaal.

Kenners meen dat dié tariewe dui op “onbekwaamheid” in Kungwini se finansiële departement en beveel aan dat inwoners so gou as moontlik ’n dispuut met Kungwini Munisipaliteit moet verklaar.

 

© 2019 Die/The Bronberger